verblyf

Inkwenkwezi is so 37 km se ry van Oos-Londen af, en ons sal verkies dat jul nie laat die aand hoef terug te ry na Oos-Londen nie. Daar is 'n paar lekker opsies vir verblyf naby Inkwenkwezi vir die Vrydagaand en die Saterdagaand.

Ons gunsteling is Chintsa se Buccaneers Backpackers - ons gaan Vrydagaand voor die troue daar bly en dit sal lekker wees as soveel moontlik mense hier bymekaar kan bly. Dit is ook die opsie wat jou sak die beste sal pas! 

By Buccanneers kan jul kies tussen:
  • self met eie tente kamp (alhoewel die winter maar koud sal wees!)
  • 'n safari tent (word verskaf vir jou) vir twee
  • dorms vir 6, 8 of 12 mense
  • dubbel/twin kamers, of
  • 'cottages.'


Laat weet ons as jy in die 'dorm' opsie belangstel, dan sal ons jou naam op 'n lys sit en 'n groepie mense bymekaar kry. Laat weet ons asb teen 1 Mei 2014 - ons weet dis om die draai, maar Buccanneers het ons gewaarsku dat hul baie gewild is, selfs in die winter.

Ons gaan Vrydagaand die 25e saam by Buccaneers braai - laat weet asb of jy by ons sal kan aansluit. Die braai kos R75 pp, als ingesluit - braaivleis, slaaie, eetgerei, ens. Daar sal ook 'n kontantkroeg wees.

Inkwenkwezi het ook 'n paar opsies - Inkwenkwezi se Valley en Bush camps (op die trou-venue), en die Chintsa Sands gastehuis en Umnenga Lodge (beide naby aan die trou-venue en ook besit deur Inkwenkwezi). 

Die Inkwenkwezi rates is as volg: 


  • Valley en Bush camps - R850pp vir B&B vir die Vrydagaand. Die Saterdagaand bied hulle 'n spesiale tarief van R650 vir B&B en 'n game drive op die plaas. Kontak Liezl (pgr@inkwenkwezi.co.za), en gee ons name en die datum 26 Julie as verwysing.
  • Chintsa Sands en Umnenga Lodge - R300pp (self catering) vir die Vrydagaand, met 'n spesiale tarief van R275 vir die Saterdagaand.


Sien asb die links hieronder vir die onderskeie opsies se websites.